Naskool

Ons Leerlingraad se kombersprojek

KombersprojekDie Leerlingraad van Laerskool Edleen het die afgelope kwartaal 'n kombersprojek geloots, om komberse aan minderbevoorregte mense te skenk.
Hier oorhandig die leerlingraad komberse aan WILLEM BOSHOFF en ISSIE STEYNVAART van die ANGEL WINGS SORGSENTRUM in Putfontein.

ANGEL WINGS is 'n nie-winsgewende organisasie wat bestuur word deur vrywillige werkers. Hul doel is om minder bevoorregte mense te help met behuising, klere, kos, werksgeleenthede en die Woord van God. Hulle reik ook uit na ander organisasies en areas waar daar nood is.

Enige iemand wat nog skenkings wil maak, kan vir Willem Boshoff skakel by 072 218 1637.

 
Welkom by die webtuiste van Laerskool Edleen

'n Woordjie van die hoof

Laerskool Edleen


Wat 'n wonderlike voorreg om deel te wees van Laerskool Edleen.  Oor die afgelope jaar het Laerskool Edleen bewys, dat hy 'n unieke skool is.n' Skool waarop die gemeenskap baie trots kan wees.  Baie skole het 'n verwronge droom om die "beste" te wees.  Gelukkig by Laerskool Edleen het ons verby daardie droom gegroei.

Vir ons is dit belangrik dat elke kind, die beste in hom/haarself moet wees.  Ons slagspreuk die afgelope klompie jare is nie verniet "Ons kompeteer suksesvol" nie.  Hierdie kompeteer is op alle terreine, akademie, kultuur, sport en ook in ons kinders se persoonlike lewens.


Wat maak ons uniek binne ons gemeenskap:

- 'n Afrikaanse Laerskool.  Baie aandag word egter aan Engels 2e taal gegee
- 'n Ontspanne atmosfeer.  Kaalvoetkindertjies, hasies op die skoolterrein motorbande om mee te speel.  Dis mos wat lekker is vir 'n kind.
- Hoë akademiese standaarde. Uitslae by die plaaslike hoërskole is puik
- Puik sportuitslae.  Heelwat provinsiale sportkinders asook verskeie spanne wat onderskeie ligas wen.
Kom maak gerus 'n draai by Laerskool Edleen en sien vir u self.

Hannes Roodt
Skoolhoof

 

Kwartaalprogram

Laai die kwartaalprogram hier af.Die kwartaalprogram vir die 1ste Kwartaal is beskikbaar om afgelaai te word. (Kliek Hier)

This website Maintained by The Internet Group
Webmaster: Go HERE to email our Webmaster

Click HERE!